RADIO SAM BROADCASTER GERMANY

Monday 18 January 2016

Nicky de Kock



Nicky de Kock is 'n nuwe jong Afrikaanse sangeres en aktrise wat sommer nog diep spore in die Afrikaanse mark gaan maak! Haar CD is nou beskikbaar!

Hierdie 11 jarige jong dame is ongetwyfeld die nuwe Afrikaanse superstêr! Daar was baie lanklaas ‘n jong sangeres wat soveel potensiaal, talent, deursettingsvermoë, karakter en algehele x-faktor gehad het soos Nicky de Kock.
Sy behaal sukses in alles wat sy aanpak, want sy het reeds op hierdie jong ouderdom geleer om altyd 110% te gee. Nicky het ook W.P. klere in hekkies en is ook ‘n A-kanidaat by Laerskool De Hoop in Somerset-Wes waar sy woon. Sy het ook hierdie jaar by die Stellenbosch Eistedfod se Solo sang, sowel as Duet sang, met Cum laude geslaag.
Haar CD is die perfekte mengsel van liedjies wat in almal se smaak sal val, van 10-90 jaar oud.
Dan het sy ook nog die land se top liedjieskrywers gekry om vir haar te skryf. Johan Oberholzer, seker een van die beste Afrikaanse liedjieskrywers van ons tyd, het vir haar die groot treffer op haar album: Meer as genoeg, geskryf. Hierdie liedjie is ook tans nommer 1 op Impala Radio en was vir 3 weke lank nommer 1 op All-TimeRadio se top15!
Dan het Emil Struwig, ook ‘n bekroonde liedjieskrywer, 3 liedjies vir haar geskryf. In die mik van my hart is ‘n baie oulike jong “liefdesliedjie” wat ‘n baie wye mark sal tref. Jy’s die Lighuis is ook ‘n pragtige liedjie van hoop en vertroue en dan is daar die heel mooiste ballade: Oupa jy is Superman vir my, hierdie liedjie is spesiaal vir haar oupa geskryf, wat haar baie ondersteun in haar musiek loopbaan. (Hy was self op sy tyd ‘n lid van ‘n paar orkeste). Dan is daar ook ‘n baie lekker treffer op haar album, wat so reg in haar skoolmaaitjies se kraal val: Sal jy my “loomband” dra? is ‘n baie oulike skool-vriendskaps liedjie wat al die jonges kan saamsing.
Daar is ook ‘n Engelse liedjie op die album: “Music” wat sy self geskryf het.
Behalwe vir al hierdie treffers op haar album het sy ook seker die beste verhoogpersoonlikheid wat ek nog ooit in ‘n 11 jarige gesien het. Sy het soveel energie en selfvertroue op die verhoog, dat die gehoor nie anders kan as om deel te voel en hulself gate uit te geniet nie. Dit is natuurlik in haar gene, want soos haar oupa, was haar ma ook in die vermaaklikheidswêreld. (sy was ‘n aanbieder op die destydse, baie populêre K-TV Kids club)
Vir besprekings of CD bestellings kontak: Louis by 360musiek@gmail.com

No comments:

Post a Comment